Tuis
Informasie
Produkte
Skole
Briewe
Bestellings
Kontak ons
Skakels
Facebook
GoNetReady Acornkids Rotsreeks

Afslag

 
 
Wil jy jou kind leer lees op die REGTE metode?
Sukkel jou kind op skool omdat daar te min aandag gegee word aan sy/haar LEESPROBLEEM?
TUISSKOOL jy jou kind/kinders en is jy op soek na 'n suksesvolle leesprogram?
 

'n Studie wat in 2009 deur die Universiteit van Kaapstad gemaak is het bepaal dat meer as 67% van leerders tot en met graad 4 ongeletterd is, meestal as gevolg van swak of onvoldoende basiese leesonderrig. Met die Japtrap Leesmetode leer die kind klankkombinasies sodat hulle vanself woorde foneties kan saamstel en lees asook reg te kan uitspreek. Ander metodes leer die kind verkeerdelik om woorde en sinne te memoriseer en weerhou hulle daarvan om onbekende woorde te kan lees. Op ons leesmetode word die kind geleer om klanke gekombineerd te lees en nie los te klank nie, byvoorbeeld "ma-t" en NIE "m-a-t" nie.

 
 
!!! Skokkende statistieke oor geletterdheid in Suid Afrika vrygestel!!! Kliek hier om meer te lees...

Kinders kan nie lees of skryf
The Star 2011-06-29

"Meeste Graad 3 en 6 leerlinge kan nie tel nie en kan nie verstaan wat hulle geleer het nie. Hulle het 'n droewige 28% telling bereik in syferkunde en geletterdheid tydens 'n landswye assesserings toets vroeër vanjaar. In Gauteng kan nagenoeg 70% van die provinsie se Graad 3 leerlinge nie lees of skryf nie. Basiese Onderwys Minister Angie Motshekga beskryf die resultate as "baie hartseer"...Die patetiese resultate bevestig vroeër internasionale opnames waarin Suid-Afrikaanse Graad 3 en 6 leerlinge baie laag geposisioneer was en hul prestasie deur opvoedkundiges aangehaal is as 'n simptoom van 'n disfunksionele onderwysstelsel. Professor Sarah Gravett, die Universiteit van Johannesburg se Dekaan van Onderwys, het verduidelik dat die taal en geletterdheid assesserings nie net aandui of leerlinge woorde kan lees en identifiseer nie, maar ook of hulle verstaan wat hulle lees. DIE BEWYSE IS OORWELDIGEND DAT ONDERWYS MISLUK..."

60% van dié skoliere kan nie lees of skryf
Beeld 2009-09-09

"Omtrent twee derdes van die sowat 1500 laerskole in Gauteng presteer nie na wense nie, en nie eens 60% van leerlinge in dié skole kan lees en skryf nie. ...Me. Barbara Creesy, Gautengse LUR vir onderwys, het gesê hoewel dit onmoontlik is vir elke skool om 'n terapeut of sielkundige te hê, moet gekyk word na modelle om die kundigheid tussen skole te versprei."

     
Wat maak ons produkte uniek?
 
Ons verkoop die stelle, so ouers kan self hulle kinders help teen hul eie pas.
Ons is 'n huishoudelike naam – as mense die naam “Japtrap Leesmetode” hoor, dan weet hulle dit is die leesprogram wat werk!
Ons metode word al oor die 60 jaar lank suksesvol gebruik, in beide skool- en tuisgebruik.
Duisende kinders het al geleer lees of is al gehelp deur middel van hierdie metode en baie skole gebruik ons produk.
Geskik vir alle ouderdomme (insluitende volwassenes) - dogtertjies gemiddeld vanaf 4 jaar en seuntjies vanaf 5 jaar.
Jou kind kry individuele aandag. Wanneer jou kind sukkel met ‘n sekere stap, word dit ingeoefen totdat hy/sy dit ken. Daar word nie na die volgende stap oorgegaan totdat die huidige stap 100% bemeester is nie.
Tuis Informasie Produkte Skole Briewe Bestellings Kontak Ons Skakels Facebook